
20 Maart 2027
From YES To I DO
20 Maart 2027
Welkom by ons storie As jy op hierdie webwerf is, is jy iemand wat ’n spesiale plek in ons lewens het, en daarom beteken dit vir ons so baie om hierdie besondere dag met jou te deel. Op hierdie dag maak ons ons belofte voor God en begin ons amptelik ons lewe as man en vrou. Dit is ’n dag waarna ons met soveel opgewondenheid uitsien! Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met julle te vier en hierdie mooi herinnering saam met julle te maak nie.
Ons Reis tot Hierdie Dag





Tussen die rustigheid van die natuur en die mense naaste aan ons harte, gaan ons ons mooiste belofte aan mekaar maak.
Ons kan nie wag om hierdie besonderse dag saam met julle by Shelanti Game Reserve te vier nie.
Shelanti is maklik bereikbaar vanaf Pretoria en Polokwane via die N1 en aansluitende streekspaaie. Duidelike padtekens wys besoekers die pad na die hoofingang.
Semiformeel
’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees waar gaste hul eie drankies kan koop gedurende die onthaal.
Kinders en plus-een word streng volgens die paartjie se uitnodiging toegelaat.
Verblyfinligting sal afsonderlik aan gaste gestuur word.
RSVP teen 30 Januarie.
15:30
Gaste arriveer vir seremonie
16:00
Seremonie begin
’n Geskenkie uit die hart Ons kies om hierdie nuwe hoofstuk op ons eie manier te begin en wil daarom nie tradisionele trougeskenke hê nie. Julle teenwoordigheid en liefde op ons spesiale dag beteken vir ons reeds baie. Indien julle egter graag ’n bydrae wil maak om ons huisie saam met ons vol en mooi te maak, sal ’n geldelike bydrae met groot waardering aanvaar word.

Vier saam met ons!
Het jy ’n spesiale oomblik vasgevang? Ons wil dit graag sien — laai jou foto’s en video’s van ons spesiale dag op.
Laai Jou Herinneringe Op